Welkom by

Eversdal Dagsorg

’n Klein, huislike, Christelike en geregistreerde dagsorg vir kinders van 3 maande tot 5 jaar oud

Ons Dienste

Baby laughing

Babas 3 - 12 Maande

Peuters 1-3 Jaar

Peuters 1 - 3 Jaar

Kleuters tot en met 4 Jaar

Kleuters tot en met 5 Jaar

Ontmoet die span!

Ontmoet ons span hier by Eversdal Dagsorg, leer ken ons- ‘n paar kits-en-pret-feite en hoe lank ons al saam stap.

Natasha

Sedert: Eienares en het die dagsorg oopgemaak in 2016.

Verjaarsdag: 29 Augustus

Kitsfeit: Natasha is mal oor kinders en diere, en sy is baie erg oor haar familie.
Gunsteling Kleure: Die reënboog.
Gunsteling Dier: Haar twee hondjies.

Carien
Carien

Sedert: 2021 by Eversdal Dagsorg.

Verjaarsdag: 16 Maart

Kitsfeit: Ek hou van verf en naald werk. En mal oor kos te maak en te bak. En is baie lief vir welsyn werk.
Gunsteling Kleure: Ek hou van rooi en blou.
Gunsteling Dier: Honde.

Elmarie

Sedert: 2023 by Eversdal Dagsorg.

Verjaarsdag: 28 April

Kitsfeit: Sy hekel graag. Dis ‘n vaardigheid wat haar ouma haar geleer het toe sy klein was, en sy doen dit vandag nog.

Gunsteling Kleur: Pienk.
Gunsteling Dier: Lovebirds.

Tina
Tina

Sedert: 2026 by Eversdal Dagsorg.

Verjaarsdag: 09 April

Kitsfeit: Ek hou van naals en tone doen en ook my hare doen. Ek is ook baie lief vir kinders.

Gunsteling Kleur: My gunsteling kleur is poeier pers.
Gunsteling Dier: Katte.

Terugvoering van ons ouers:

"Vir die laaste 3 jaar was een, en toe twee van ons seuntjies by Eversdal Dagsorg ingeskryf. Ons laai hulle elke oggend vroeg af met die wete en gemoedsrus dat hulle veilig is en mooi na gekyk sal word. Al die “arts & crafts” wat huis toe kom spreek van ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat aangepak word, sodat elke dag iets nuuts kan inhou vir die kinders. Ons oudste praat elke aand van die dag se gebeure en vertel van sy maatjies en die personeel en almal by Eversdal Dagsorg is spesiaal vir hom. Sulke terugvoering van ons kind maak ‘n ouerhart bly. As jy opsoek is na ‘n dagsorg wat klein groepies hanteer en kan weet dat jou kinders veilig en gelukkig is, probeer gerus Eversdal Dagsorg."

-Ockert Strydom

"My drie-maande-oue baba is sedert Julie by Eversdal Dagsorg, en ek is ongelooflik tevrede met die standaard van sorg wat ons tot dusver ervaar het. Dit is altyd ’n baie emosionele tyd wanneer ’n mens jou kleinding vir die eerste keer by ’n dagsorg moet los en self terugkeer werk toe, maar ek is só verlig en dankbaar dat ek die regte keuse gemaak het. By Eversdal Dagsorg word my baba met liefde en warmte versorg, en ek sien duidelik dat sy gelukkig en tevrede is gedurende die dag. Die personeel is professioneel, omgee-mensies wat regtig aandag gee aan elke kind se welstand. Dit gee my groot gemoedsrus om te weet my baba is in sulke goeie hande. Ek kan Eversdal Dagsorg met volle vertroue aanbeveel aan enige ouer wat ’n veilige, liefdevolle en betroubare omgewing vir hul kinders soek."

-Nadia

"Ek is ongelooflik gelukkig met Eversdal Dagsorg. Dit voel regtig soos ’n huis omgewing – warm, vriendelik en vol liefde. Omdat hulle nie so groot is nie, kry elke kind baie individuele aandag en dit wys duidelik in hoe gelukkig en gemaklik my seuntjie daar is. Dit is soms selfs ’n uitdaging om hom op te tel, want hy wil net aanhou speel en nie huis toe kom nie. Ek kan elke dag met ’n geruste hart my dag aanpak, want ek weet hy is in ’n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing."

-Marli Theunissen

Eversdal Dagsorg

Die Huis weg van die Huis