Baba Aktiwiteite

Mylpale word in die volgende kategorieë verdeel:

Kommunikasie vaardighede

Kommunikasie Vaardighede

Motoriese vaardighede

Motoriese Vaardighede

Kognitiewe vaardighede

Kognitiewe Vaardighede

Sosiale vaardighede

Sosiale Vaardighede

Die volgende aktiwiteite word beoefen by die dagsorg om die ontwikkeling van jou baba te ondersteun:

Tummy Time
"Tummy Time"

Versterk nek, skouers en arm spiere.

Visual Tracking
"Visual Tracking"

Luister en volg met ons oë. Links en regs, op en af. Dit help later met speel, lees, skryf en teken.

Motoriese Vaardighede
Motoriese Vaardighede

Ons speel met teksture wat help om motoriese vaardighede te versterk.

Fisiese Ontwikkeling
Fisiese Ontwikkeling

Werk aan ons rol.

Fisiese Ontwikkeling_gryp aksie
Fisiese Ontwikkeling

Gryp aksie (handjies oop en toe).

Fisiese Ontwikkeling_trap en skop
Fisiese Ontwikkeling

Trap en skop aksie wat help met ontwikkeling van been spiere.

Taalvaardighede
Taalvaardighede

Luister en kyk, dit help met taalvaardigheid en die herkenning van voorwerpe.

Die belangrikheid van vryspel:

By Eversdal Dagsorg moedig ons vryspel aan. Ons glo in die ontwikkeling van u kind se verbeelding.

Vrye kreatiwiteit wat nie onderdruk word nie, help kinders om selfs meer kreatief te dink en met meer oorspronklike oplossings vorendag te kom. Die kind moet sy verbeelding gebruik, wat kreatiewe denke stimuleer.

Vryespel
Vryespel
Vryespel

Playball

Additionele aktiwiteit wat by Eversdal Dagsorg aangebied word. 

Playball fokus om ‘n basiese fondasie vir u kind te gee en help u kind om die volgende te ontwikkel: om basiese intruksies te volg, om te eksperimenteer, om te ontdek en moedig nuuskierigheid aan asook sensoriese integrasie. Playball word aangebied deur Playball Durbanville teen ‘n additionele fooi.

Ontdek nuwe teksture: Ons verken verskillende teksture om die kind se motoriese vaardighede en tas-ontwikkeling ’n hupstoot te gee. Dit is ’n heerlike manier om speel-speel sterker spiere en beter koördinasie te bou!

Ons speel met teksture. Teksture help om ‘n kind se motoriese vaardighede te versterk.
Terwyl ons met teksture speel, volg ons die bubbels. Visual tracking - links , regs , op en af. Help later met speel, teken en lees.

Ontwikkeling van fynmotoriese vaardighede: Die leerder oefen om blokkies in en uit ’n houer te pak om hand-oog-koördinasie te bevorder. Deur hierdie aktiwiteit leer hulle van ruimtelike bewussyn en probleemoplossing—veral wat betref vorms wat pas of nie pas nie.

Oefen om blokkies in en uit te pak. Goeie hand / oog koordinasie.

Pret met borrels en uiltjies! 🫧 Ons het heerlik gespeel en borrels gevang! Die aktiwiteit was ’n groot treffer. Die oefening om die uiltjie in die “catching cup” te plaas, is uitstekend vir konsentrasie en motoriese beheer.

Bubbles vang terwyl ons met die uiltjies speel.
Baie van die aktiwiteit gehou! Ons sit die uiltjie in die catching cup.

Kinderkinetics

Additionele aktiwiteit wat by Eversdal Dagsorg aangebied word. 

Babastimulasie in Kinderkinetika fokus op die bevordering van ’n baba se algehele ontwikkeling deur ouderdomsgepaste beweging en spel. Die doel is om ’n sterk grondslag te lê vir toekomstige bewegings, leer en funksionele vaardighede.

Ons program fokus op die holistiese ontwikkeling van babas deur grootmotoriese oefeninge, spierversterking (nek, skouers en romp), en die bevordering van balans en liggaamsbewustheid. Deur sensoriese integrasie en doelgerigte spel, soos magietyd en ondersteunende posisionering, verseker ons dat babas hul mylpale op ‘n natuurlike en veilige manier bereik. In Kinderkinetika help ons babas om van vroeg af sterk, funksioneel en selfversekerd te beweeg.

Junior Jive

Additionele aktiwiteit wat by Eversdal Dagsorg aangebied word. 

By Junior Jive gaan dit oor meer as net musiek—dit gaan oor die ontwikkeling van die “hele kind”. Ons program gebruik beweging, sang en slagwerk om kleuters se breine te stimuleer en hul koördinasie te versterk. Van ons Baby Maestros wat hul eerste mylpale vier, tot ons Pro Maestros wat die grondslag vir formele musiekonderrig lê, bied ons ‘n veilige en prettige omgewing waar kinders kan groei, leer en hulself uitleef. Sluit by ons aan vir ‘n avontuur vol verbeelding en ontdekking!